text
stringlengths 15
658
|
|---|
Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.
|
Rol van tradisionele leiers
|
Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir 'n rol vir tradisionele leierskap as 'n instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.
|
nasionale of provinsiale wetgewing voorsiening maak vir die instelling van huise van tradisionele leiers; en
|
nasionale wetgewing 'n raad van tradisionele leiers instel.
|
Daar is 'n Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur die nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word.
|
as 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word.
|
'n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
|
Billike verdeling en toekennings van inkomste
|
die billike verdeling tussen die nasionale, die provinsiale en die plaaslike regeringsfeer van inkomste wat nasionaal ingevorder word;
|
die bepaling van elke provinsie se billike deel van die provinsiale deel van daardie inkomste; en
|
enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die nasionale regering se deel van daardie inkomste, en voorwaardes waarop daardie toekennings gedoen kan word.
|
die nasionale belang;
|
enige voorsiening wat ten opsigte van die nasionale skuld en ander nasionale verpligtings gemaak moet word;
|
die behoeftes en belange van die nasionale regering, wat volgens objektiewe maatstawwe bepaal word;
|
die behoefte om te verseker dat die provinsies en munisipaliteite in staat is om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hulle toegewys word;
|
die fiskale vermoë en doeltreffendheid van die provinsies en munisipaliteite;
|
ontwikkelings- en ander behoeftes van provinsies, plaaslike regering en munisipaliteite;
|
ekonomiese ongelykhede binne en tussen die provinsies;
|
verpligtings van die provinsies en munisipaliteite ingevolge nasionale wetgewing;
|
die wenslikheid van bestendige en voorspelbare toekennings van inkomstedele; en
|
die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of ander tydelike behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is.
|
Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings
|
Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.
|
wat die formaat van nasionale, provinsiale en munisipale begrotings moet wees;
|
wanneer nasionale en provinsiale begrotings ter tafel gelê moet word; en
|
dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse waarop voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon.
|
begrotings van inkomste en uitgawes bevat waarin tussen kapitaaluitgawes en lopende
|
Die nasionale tesourie kan met die instemming van die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, slegs weens ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van die maatreëls ingevolge subartikel voorgeskryf die oordrag van fondse aan 'n staatsorgaan staak.
|
mag nie die oordrag van fondse vir langer as 120 dae staak nie; en
|
kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die Parlement dit goedkeur ooreenkomstig 'n proses wat wesenlik dieselfde is as dié ingevolge artikel 76 ingestel en deur die gesamentlike reëls en orders van die Parlement voorgeskryf.
|
Hierdie proses moet binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word.
|
Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel ingestel 'n besluit om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op 'n keer hernu.
|
moet die Ouditeur-generaal aan die Parlement verslag doen; en
|
moet die provinsie 'n geleentheid gebied word om voor 'n komitee te antwoord op die aantygings teen hom en sy saak te stel.
|
voorkeurkategorieë by die toekenning van kontrakte nie; en
|
die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is nie.
|
Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorskryf waarbinne die beleid genoem in subartikel toegepas kan word.
|
Regeringswaarborge
|
Die nasionale regering, 'n provinsiale regering of 'n munisipaliteit kan 'n lening waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing uiteengesit word.
|
Nasionale wetgewing bedoel in subartikel kan verorden word slegs nadat aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
|
Elke regering moet elke jaar 'n verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.
|
Besoldiging van persone wat openbare ampte beklee
|
die salarisse, toelaes en voordele van lede van die Nasionale Vergadering, vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, lede van die Kabinet, Adjunkministers, tradisionele leiers en lede van enige rade van tradisionele leiers; en
|
die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van provinsiale wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende kategorieë.
|
Nasionale wetgewing moet 'n onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor die salarisse, toelaes en voordele in subartikel genoem.
|
Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel aanneem slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel ingestel.
|
Die nasionale uitvoerende gesag, 'n provinsiale uitvoerende gesag, 'n munisipaliteit of enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel toepas slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel ingestel.
|
Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in artikel 192 genoem.
|
Finansiële en Fiskale Kommissie Instelling en werksaamhede
|
Daar is 'n Finansiële en Fiskale Kommissi e vir die Republiek, wat aan die Parlement, provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal, aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word.
|
Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees.
|
Aanstelling en ampstermyn van lede
|
'n Voorsitter en 'n adjunkvoorsitter, wat voltydse lede is;
|
nege persone wat elkeen deur die Uitvoerende Raad van 'n provinsie benoem word, met slegs een persoon deur elke provinsie benoem;
|
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word ingevolge 'n Parlementswet gereguleer.
|
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is.
|
Bevoegdhede en werksaamhede
|
Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur 'n Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf.
|
Provinsiale en Plaaslike Finansiële Aangeleenthede Provinsiale Inkomstefondse
|
Daar is 'n Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort word wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word.
|
as 'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word.
|
Inkomste wat ingevolge artikel 214 deur bemiddeling van 'n provinsie aan plaaslike regering in daardie provinsie toegeken word, is 'n regstreekse las teen daardie provinsie se Inkomstefonds.
|
Nasionale befondsingsbronne van provinsiale en plaaslike regering
|
Local government and each province-
|
is op 'n billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, geregtig ten einde hom in staat te stel om basiese dienste te verskaf en die funksies te verrig wat aan hom toegewys word; en
|
kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale regeringsinkomste ontvang.
|
Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, of van enige ander toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie.
|
Insgelyks rus daar geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermoë en belastingbasis invorder nie.
|
'n Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge artikel 216 gestaak is.
|
'n Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge 'n bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.
|
Provinsiale belastings
|
belastings, heffings en regte oplê, uitgesonderd inkomstebelasting, belas ting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting, eiendomsbelasting of doeaneregte; en
|
uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd die belastingbasisse van korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.
|
Die bevoegdheid van 'n provinsiale wetgewer om belastings, heffings, regte en bobelasting
|
mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid, ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en
|
moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
|
Munisipale fiskale bevoegdhede en funksies
|
eiendomsbelasting en bobelasting op gelde vir dienste deur of namens die munisipaliteit verskaf, oplê; en
|
indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte oplê nie.
|
mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat nasionale ekonomiese beleid, ekonomiese bedrywighede oor munisipale grense heen of die nasionale beweeglikheid van goedere, dienste, kapitaal of arbeid wesenlik en onredelik benadeel nie; en
|
kan deur nasionale wetgewing gereguleer word.
|
Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met betrekking tot dieselfde gebied het, moet 'n gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge nasionale wetgewing gedoen word.
|
Die verdeling kan slegs na inagneming van minstens die volgende maatstawwe gedoen word:
|
Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen.
|
Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke munisipaliteit.
|
Die fiskale vermoë van elke munisipaliteit.
|
Die doeltreffendheid en voordeligheid van die invordering van belastings, heffings en
|
Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word, gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie.
|
Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.
|
Provinsiale en munisipale lenings
|
kan aangegaan word slegs wanneer dit gedurende 'n belastingjaar vir oorbruggingsdoeleindes nodig is; en
|
moet binne twaalf maande terugbetaal word.
|
National legislation referred to in subsection may be enacted only after any recommendations of the Financial and Fiscal Commission have been considered .
|
HOOFSTUK 14 ALGEMENE BEPALINGS Volkereg Internasionale ooreenkomste
|
Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag.
|
'n Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit 'n ooreenkoms genoem in subartikel is.
|
'n Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of 'n ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne 'n redelike tyd in die Vergadering en die Raad ter tafel gelê word.
|
Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het.
|
Volkeregtelike gewoontereg
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.